Nurture Egg Donor Program
Eierskenkers
Hoekom Moet Ek My Eierselle Skenk?
Wanneer jy as deel van Nurture se eierselskenkingsprogram as ‘n eierskenker registreer, steek jy jou hand op vir ‘n onbaatsugtige omgee-daad.
Jy help ander om ‘n eie kind, waarna hulle so verlang, te verwelkom.
Hoekom Het Families Eierskenkers Nodig?
Wel, daar is ‘n hele rits redes. Soms het die toekomstige ouer nie eierselle nie. Somtyds het die toekomstige ma ‘n genetiese siekte wat sy nie aan haar kind wil oordra nie. Dit kan ook gebeur dat die hoopvolle mamma kanker oorleef het en dat haar eierselle deur chemoterapie beskadig is.
Wat die rede ook al is, baie van die afwagtende ouers wat by Nurture aanklop vir hulp is deur ‘n skrikwekkende, uitputtende en emosionele reis. Hulle sien Nurture se eierskenkers vir wie hulle is...onselfsugtig, braaf en propvol empatie. Hierdie skenkers is bereid om waardevolle hoopvolheid aan ‘n vreemdeling te bied. Hulle aanvaar die proses van eierskenking met deursettingsvermoë en deernis.
Wat Moet Weet Oor Hoe Om 'n Eierskenker In Suid-Afrika Te Word?
Hoeveel word jy betaal om eierselle te skenk as ‘n eierskenker in Suid-Africa?
Jy sal tussen R8,000 en R10,000 betaal word, afhangend van waar jy skenk. Die betaling wat jy ontvang is ‘n vergoeding vir jou tyd en moeite. Jy kan ‘n maksimum van tot 6 keer eierselle skenk.
Is dit seer om eierselle te skenk?
Eierselskenking is ‘n pynlose prosedure. Eierselle word onttrek terwyl jy onder verdowing is, dus sal jy aan die slaap wees en geen pyn voel tydens die 15 – 20 minute prosedure terwyl die eierselle onttrek word nie.
Hoe word die eierselle onttrek?
Terwyl jy onder verdowing is, sal die dokter a dun naald deur die vaginale wand invoeg en die eierselle, deur middel van ligte meganiese suiging, in ‘n proefbuis versamel. Dus word jy nie gesny nie en sal daar ook nie letsels op jy vel agterbly nie.
Is dit veilig om eierselle te skenk?
Eierselskenking is baie veilig! Hoogs gekwalifiseerde dokters sorg uitstekend vir ons eierselskenkers.
As ek eierselle skenk, sal dit my kanse om later swanger te raak en kinders te hê affekteer?
Nee, dit sal nie. Jy is gebore met al die eierselle wat jy ooit sal hê. Wanneer jy deur ‘n eierselskenking-siklus gaan, word die eierselle wat in elk geval uitgewerp sou word tydens daardie menstruele siklus, versamel vir skenking.
Hoekom moet ek Nurture se eierselskenkingsprogram kies?
As jy wonder hoe om ‘n eierselskenker in Suid-Afrika te word, is Nurture jou antwoord! Nurture is nie net die grootste eierselskenkingsprogram in Suid-Afrika nie, dis ook die beste een. Nurture is in 2008 gestig en oor die afgelope 16 jaar het daar meer as 40,000 vrouens as eierskenkers by ons geregistreer. Ons het hope ondervinding en ervaring met eierselskenking in Suid-Afrika, wat beteken ons is baie spesifiek oor hoe ons eierskenkers en toekomstige ouers hanteer. Ons benadering is persoonlik maar professioneel.
Hoe kan ek aansoek doen om ‘n eierskenker by Nurture te word?
Klik op die ‘doen aansoek’-knoppie onder en voltooi die aansoekvorm.
Vir meer vrae en antwoorde, besoek asseblief die vrae-en-antwoorde (FAQ) bladsy op ons webtuiste.
‘n Kort Boodskap Deur ‘n Inspirerende Eierskenker
“Ek wou net dankie sê vir al die moeite wat julle gedoen het om my skenkingsproses 'n sukses te maak. Vir dat julle altyd mooi na my gekyk het, seker gemaak het dat alles reg was...dankie! Ek het regtig ‘n wonderlike ervaring gehad. Wat julle doen is regtig briljant ... dit voel goed om te weet dat ek kon help om ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak.”
- SKENKER T
Hoe Registreer Ek As ‘n Eierselskenker?
Word 'n Eierselskenker
Hoe Om Die Aansoekproses Van Eierselskenking Te Navigeer
As jy aan die basiese kriteria van ‘n eierselskenker voldoen, gaan jy deur na ons eierskenker-aansoekvorm. Hierdie vorm vat ‘n bietjie langer om te voltooi, so maak seker dat jy al die relevante inligting byderhand het.
Die aansoekproses vra dat jy inligting deel oor jou gesondheid sowel as gesondheid in terme van familiegeskiedenis. Jy sal ook vrae beantwoord oor jou belangstellings, opleiding en beroep. Ons sal ook inligting oor jou fertiliteit nodig hê sowel as ‘n paar foto’s van jou toe jy nog ‘n kleuter was. Hoekom deel eierselskenkers hul kinderfoto’s en nie onlangse foto’s nie? Dis omdat ons deurgaans jou identiteit beskerm – eierselskenking in Suid-Afrika vind anoniem plaas.
Sodra jy die aansoekvorm volledige voltooi het en ons al jou inligting kon vaslê, sal ‘n Nurture-spanlid jou kontak vir ‘n persoonlike, een-tot-een afspraak.
Een-tot-een inligtingsessie
By Nurture het ons ‘n een-tot-een inligtingsessie met al ons potensiële eierskenkers voordat hulle as deel van ons eierselskenkingsprogram aanvaar word.
Die doel van dié persoonlike inligtingsessies is om te verseker dat jy bemagtig voel om ‘n ingeligte keuse te maak sodat jy een van ons toegewyde, wonderlike eierselskenkers kan word!
Die regte opwinding begin egter wanneer jou naam as eierselskenker opkom. Ons passievolle span by Nurture sal jou dan ondersteun en lei op elke treë van die pad.
Om seker te maak jy kwalifiseer en voldoen aan die vereiste kriteria om ‘n eierselskenker te wees, klik hier.
Wat Jy Moet Weet Oor Betaling En Eierselskenking In Suid-Afrika
Ons weet dat ons eierskenkers hul eierselle wil skenk omdat hulle vir hul medemens omgee. Hulle wil ander help want hulle ken dalk iemand wat gesukkel het om ‘n baba te kry; hulle het die hartseer gesien wat dit veroorsaak.
In kort: eierselskenkers wil die wêreld ‘n beter plek maak. En ons is mal oor hulle benadering tot die lewe!
Om hulle te vergoed vir hul tyd, reiskostes en toewyding, ontvang hulle tussen R8,000 en R10,000 wanneer hulle hul eierselle geskenk het. Die totaal van die vergoeding hang af van die ligging waar hulle skenk sowel as die aantal kere wat hulle geskenk het.
Dis baie belangrik om te onthou dat jy nie betaal hul vir jou eierselle nie – jy ‘verkoop’ dit immers nie! Eierselskenkers word vergoed vir hulle tyd en deelname aan die program.
Wonder Jy Hoe Dit Voel Om ‘n Eierselskenker Te Wees?
"Van daardie eerste e-pos wat sê 'Jy is gekies as 'n skenker', tot die laaste senuweeagtige oomblikke in teater toe die dokter gesê het 'Jy gaan 'n bietjie lighoofdig voel, maar jy sal niks onthou nie', was my reis saam met Nurture niks minder as fantasties nie.
Dit het gevoel asof die hele proses so vinnig verbyvlieg het. Sodra die papierwerk uitgesorteer was, en die aanvanklike afsprake met die dokters voltooi is, was daar geen terugkeer nie – ek was op pad om iemand se lewe vir altyd te verander.
Die inspuitings was aanvanklik so ‘n bietjie angswekkend, maar ná die eerste een het ek geweet ek sou heeltemal okay wees.
Die volgende twee weke van doktersafsprake, gesond eet ('n bietjie waansin van my kant af om die perfekte eier te probeer produseer), en inspuitings het goed gegaan.
Op daardie Maandagoggend, nadat ek in die verkeer vasgesit het en 'n bietjie verdwaal het as gevolg van senuwees, het ek by die hospitaal aangekom. Die vriendelike personeel het my ontvang en verseker het dat alles reg is, en ek het begin ontspan.
Ek wens ek kon op ‘n manier die prosedure gesien het – dis hoe opgewonde ek was om dit te doen, maar die dokter weet die beste...so, dit was my tyd vir ligte uit!
Na ‘n uur (ek raai maar), het ek wakker geword met ‘n klein bietjie seer en ongemak, maar ek was so bly dit was gedoen. Ná ‘n paar dae van bedrus en dit rustig vat was my reis as ‘n eierselskenker op ‘n einde.
Ek bid dat daar ‘n nuwe gesin gebore sal word deur my geskenk. Mag God julle lei en seën op jul nuwe pad as familie en ouers. My liefde en gebede sal vir ewig met julle wees.”
SKENKER D
Kom Ons Antwoord Jou Vrae!
Om 'n eierskenker te word, is ongelooflik vervullend en ons weet jy is hoogswaarskynlik ‘n gefokusde, sterk persoon wat alles moontlik wil weet oor die proses van eierselskenking. Dis hoekom Nurture 'n omvattende lys van gereelde vrae (FAQ's) saamgestel het. Ons het probeer om ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe aan te spreek om jou te bemagtig. Hier sal jy antwoorde kry oor alles vanaf die eierskenker-aansoekproses tot hoe eierselskenkers die hele reis ervaar het. As jy enige ander vrae het, kontak ons gerus! Ons geniet dit baie om met ons toekomstige potensiële skenkers te praat.
Julle is immers ons heldinne!
Werk Vandag Saam Met Nurture
Eierselskenkers se Ervaringe
As jy eierselskenking vanuit ‘n meer persoonlike hoek wil verstaan, klik onder vir meer ongelooflike stories deur vorige Nurture eierselskenkers.